Die woord Ineffable beteken iets buitengewoon besonders wat moeilik in woorde omskryf word, daarom is dié woord gepas vir die besigheid.

Baie welkom in Ineffable se digitale huis. Hier is baie kamers, maak jouself tuis. Sien ons as die familie wat jy nog nie ontmoet het nie. In 'n wêreld waar alles verbrokkel, kan ons verstaan waarom ons met onsekerhede sit en onsself onderskat. Hier is jy veilig en wil ons jou los met die wete dat daar iets buitengewoon besonders in jou is. 


ONS ​HARTSKAM​​ERS

DIE MENSDOM 

In 2019 begin ons ons medemens te vier - dis nou mense soos ek en jy. Ons vier jou, want ons wil jou los met die wete dat jy waardig is en dat jy hier hoort. 

DIE AANHANGER

In 2020 het Ineffable, tydens die inperking, die kuns- en kommunikasie bedryf  ondersteun deur gratis digitale plakkate vir kunstenaars te ontwerp, sodat hulle hul aanlyn optredes kan adverteer. 

DIS BESIGHEID

In 2020 het Ineffable, tydens die inperking, plaaslike besighede ondersteun deur hul produkte en dienste gratis op ons sosiale media blaaie te adverteer. 

ONS ERFENIS 

In 2021 brei Ineffable uit en ondersteun ons ons Boere en die Afrikanergeskiedenis deur middel van erkenning en bewusmaking, 

GESKEN​KE

GESELS MET ONS

Ons hou van briewe en wil graag van jou hoor! Stuur vir ons 'n vonkpos. 

Thank you! Your message has been sent.
Unable to send your message. Please fix errors then try again.