Jou huis is waar jou hart is en ons hart is op die regte plek. Net hier! Hier sien ons iets buitengewoon besonders in jou. As 'n vreemdeling dit kan raaksien, waarom kan jy nie en waarom onderskat jy dit?  

Hartlik welkom in ons digitale ontwerpershuis ...  

Ineffable Digital Designs™ ​is in 2019 gestig met die doel om op 'n daaglikse basis onverwagse erkenning aan buitengewone mense, plaaslike besighede, organisasies en kunstenaars te gee. 

Sedertdien het ons ongeveer 2 000 collages ontwerp en 'n hele paar plekke besoek en vriende gemaak. 


ONS STORIELYN

Aangename kennis!

My naam is Hilde Kruger en ek is die stigter en eienaar van Ineffable Digital Designs™. Ek is 'n grafiese ontwerper, visuele ontwerper en skrywer.

Ineffable Digital Designs™ is 'n eenmansaak wat daarna streef om 'n opbouende verskil in die gemeenskap en plaaslike besighede te maak deur onverwagse erkenning regoor die land op 'n daaglikse basis te gee. 

In ons digitale ontwerpershuis kan ek my liefde vir  taal en kuns voluit leef deur 'n positiewe verskil in iemand se dag te maak - ongeag waar ons is. 

Dis ideaal, want dis digitaal.™
 


Deur die jare het ons 'n paar onderhoude by die volgende media huise gehad. 

Wat 'n voorreg!

GESELS MET O​NS

Dis ons storie, vertel ons joune.
 Stuur vir ons 'n vonkpos. 

Thank you! Your message has been sent.
Unable to send your message. Please fix errors then try again.